psalm 42
luister:
http://www.liedboek.co.za/Track05%20Psalm%2042.MP3Smagtend soos in dorre streke -
hoor my na U, Here, roep.
Gee my van u helder water
en ’n skadu teen die gloed.
O, ek skroei, Heer, van die pyn
oor die skare se venyn.
God wat heers in alle tye,
laat my sing, bring hul tot swye.
http://www.liedboek.co.za/PREDIKANTE! ...... ORRELISTE! ....... SANGLEIERS! ..... EREDIENSKOMMISSIES!
nog een nuttig bericht op de site:
Teenoor alle godsdienstige boeke, hetsy nuwe Bybelvertalings, hetsy nuwe gebeds-boeke, hetsy nuwe boeke oor die erediens of liturgie, hetsy nuwe liedboeke, is daar aanvanklik altyd baie besware en klagtes en weerstand. Wanneer hulle egter beter leer ken word, slaan die besware en weerstand om in ‘n krampagtige vashou aan die dan bestaande en so word weer elke vernuwing geweer en bestry. Waar net vasgehou word aan die bestaande liedere, versteen dit en verloor dit kontak met die werklikheid Die kerklied moet altyd ook vernuwe word, sodat die oue en die nuwe tegelyk ge-handhaaf word. Dit is in hierdie bundel gedoen. Indien die orreliste die leiding kan neem om hierdie nuwe liedbundel sonder vooroordele aan die hart te druk, dit te leer ken en alles in te werp om dit aan te leer en ook aan die gemeentes te leer en ‘n liefde by hulle daarvoor te kweek, kan dit ‘n wonderlike geestelike vernuwing in die kerk bring!